Personal

Virus, vryheid en al die v’s

on
June 14, 2020

‘n Storie deur Helene van der Westhuizen en haar terug trek na Suid Afrika tydens die COVID-19 epidemi van die UK af.

Nog nooit het ek so warboel van emosie as die laaste 4 maande van my lewe belewe nie.

En al die V’s

  • VERLOOR: Mense het hulle werk, besighede verloor
  • VERLIES EN VERDRIET: Dit wat jou Psige diep raak ‘n geliefde, wat nou nie meer daar is nie
  • VERGEWINSGESINDHEID: Dis nie ‘n eenmalige daad nie maar ‘n manier van lewe met die doel om seen te ontvang. Die maklikste vergifnis is die moeilikste vryspraak. So wie moet jy vergewe? Waar kom die Virus vandaan?
  • VREES: ‘n Angs beklemming gevoel van ‘n waargeneme gevaar of bedreiging. ‘n Angs as gevolg van ‘n bedreiging wat onbeheerbaar en onvermydelik is.

MAAR gelukkig is daar ook:

  • VREUGDE: Genot, Blydskap, Jubel en Geluk
  • VREDE: Om op te staan en vrede met jou omstandigehede te maak
  • VRYHEID: Is’n toestand waar ‘n persoon nie beheer het om oor dade besluite of om keuses uit te oefen nie

So bevind ek my Februarie 2020 in die UK by my kinders waar my kleinkind van 3 se sonstraal gesiggie my elke dag opkikker. Na 2 weke kry my seun Pieter ‘n koors met ‘n hees droë hoes. 2 keer by die hospitaal….  Ek moet my afsonder op die 2de verdieping van die huis… my eerste kwarantyn..  “Hy het die Virus…

Ek weet ek het CLL (Chronic Lymphonic Leukemia) vir 5 jaar, drink elke dag antibiotika want moet my behandeling staak terwyl ek hier is. My keuse, nie dokter sin nie. Ek het geen immuniteit nie en daar begin die warboel van emosies na 3 maande besef ek, ek kan nie 6 maande bly nie. Ek moet terug Suid-Afrika toe….

Jaco en Werner stuur E-mails binnelandse sake toe, kommunikeer met die goewerment mens by DIRCO (Department of International Relations and Cooperation). Praat tot met mevrou ambassadeur, die “High Commissioner” in Londen self sodat ek geripatrieer kan word. Intussen weet ek, ek moet behandeling kry, eks moeg….

Maar hoe se ek “bye’ vir die 3 hier in die UK

Na ‘n gesukkel moet ek 24 uur op “stand-by” wees vir ‘n repatriasie vlug. En daarna 14 dae lank in ‘n staats goedgekeurde instansie in kwarantyn wees in Suid-Afrika.

Hoor toe die Vrydag ek vlieg Sondagaand.

Op Heathrow aangekom sien ek hierdie lughawe, een van die grootste in die wereld in stilte….  Alle winkels, koffee shops toe… soos ‘n spookdorp. Net SAA se inboek toonbank is oop waar ‘n lang ry Suid-Afrikaners staan en wag.

Gelukkig het ek met ‘n “Mobile assist scooter vehicle” (soort van ‘n rystoel wat aangedryf word met ‘n battery) daar aangekom het, kry ek voorkeur en word goed behandel deur die vriendelik personeel van SAA en DIRCO… met ‘n gelukkie word ek opgradeer na besigheidsklas toe. My Blou “Scooter” kon ek sommer op die vlug kry na Pieter se charm.

Ons was 280 Passasiers, 9 in Besigheids klas.

Die lugwaardinne almal aangetrek in volle “Personal Protective Equipment”. Lyk soos Mars mannetjies… maar almal is maar in “high-spirit”

Vlieg toe eers Kaapstad toe waar ‘n klompie afgeklim het… 40 minute na ons geland het, draai die vliegtuig om en styg ons op vir die laaste 2 ure Johannesburg toe.

Toe begin daai warboel van emosies weer.

Kaptein kom uit en almal begin Nkosi Sikelele en sing, en toe rol die trane.

OR Thambo…. Ons is die enigste vliegtuig. Op die aanloopbaan staan ‘n klomp bussies met trailers en polisievoertuie en wag ons in, die voorheen besige lughawe waar trokkies tasse rond ry en vliegtuie ‘n parkering soek is daar niks… soos iets uit ‘n rolprent… daar is GEEN beweging.

Ons word in ‘n doodstil donker gebou ingeneem en die passpoort word gestempel. Net die enkel immigrasie beampte se plekkie word verlig in ‘n pik donker res van Oliver thambo….

Ons vertrek toe in konvooi met Polisie voertuie na ons kwarantyn gebied in ‘n volle “Blue light brigade” seremonie, paaie word afgesper by afritte en voertuie word gestop vir ons tot ons by ons bestemming uitkom. Die kwarantyn gebied vir hierdie vlug was toe geallokeer aan die Birchwood hotel net ‘n klipgooi weg van OR Thambo.

Toe begin die eensaamheid. Jou kos word in ‘n bruinkardoes voor jou deur gesit. Die sister kom neem een maal ‘n dag jou koors en dokter kom na 2 dae toets doen vir Covid-19 virus, verder is daar GEEN kontak met enige iemand anders nie. Kinders het die eerste aand probeer om ‘n pakkie af te lewer met lekker goedjies maar was onder geen omstandigehede toegelaat nie en was weggewys.

Na ‘n lang gewag en geen uitslag nie, het ek toe ‘n privaat toets deur Lancet laat doen en uit eindelik ‘n negatiewe uitslag ontvang en na ‘n week in isolasie kon ek toe die groen lig kry om huis toe te gaan.

Ek gaan huistoe….

Vrede, Vreugde… die lewe is ‘n geskenk

If this time taught me anything, Hope Matters. Be Alive for after all life Matters”

TAGS

LEAVE A COMMENT

2 BEARDED GUYS
Gauteng, South Africa

Hi there. We are Werner & Jaco and this is our journey visiting interesting places in and around Gauteng, South Africa, Once a week, for a 100 weeks, we will go to a restaurant, attend a concert, visit a museum or just have a gourmet ice cream and share the experience with you. We will document the experience, gather useful info and rate the entire journey for you to enjoy and perhaps follow suite. Follow us on Facebook, Twitter, Instagram or subscribe to our monthly newsletter. Checkout THE LIST in the menu and tag along if you feel you are up for it.